Presidente van die Oranje-Vrystaat
Met die ondertekening van die Bloemfontein-konvensie op 23 Februarie 1854 het die Oranjerivier-soewereiniteit amptelik 'n onafhanklike staat onder nominale Britse opperheerskappy geword, genaamd die Oranje-Vrijstaat. Op 11 Maart 1854 het die Britte die gebied van die nuwe staat verlaat. Die verteenwoordigers van die burgers van die Oranje-Vrijstaat het Josias Philip Hoffman tot voorsitter van die voorlopige regering verkies. Na die finalisering van die strukturering van die staat in April 1854 het Josias Hoffman uiteindelik die eerste staatspresident geword.
Die Oranje-Vrijstaat het slegs ses normaal verkose staatspresidente gehad gedurende die 48 jaar van sy bestaan. Tussen regerings en gedurende die siekte, verlof en afwesigheid van die ampsbekleërs is waarnemende staatspresidente deur die Volksraad aangewys. Dit was gewoonlik die staatsekretaris, die voorsitter van die Volksraad of 'n prominente lid van daardie liggaam. Die presidentskap is verskeie kere ook deur 'n kommissie oorgeneem.[1]
Lys van staatspresidente van die Oranje-Vrystaat
President | Amp ongeneem | Amp laat vaar | Ander | |
---|---|---|---|---|
Jacobus Groenendaal | [??] April 1854 | 18 April 1854 | Waarnemend | |
Josias Philip Hoffman | 18 April 1854 | 10 Februarie 1855 | Waarnemend van 18 April tot 15 Junie 1854[2] | |
Saamgestelde kommissie vir die bestuur van die regering, bestaande uit Jacobus Johannes Venter (voorsitter), Esaias Reynier Snijman en N.N. | 10 Februarie 1855 | 27 Augustus 1855 | ||
Jacobus Nicolaas Boshoff | 27 Augustus 1855 | Junie 1859 waarskynlik amptelik 6 September 1859 | Boshoff het sy pos in Januarie 1859 verlaat om na Natal te gaan en het nie weer teruggekeer nie.[3] | |
Esaias Reynier Snijman | Januarie 1859 | 15 Desember 1859 | Waarnemend[4] | |
Jacobus Johannes Venter | 15 Desember 1859 | 8 Februarie 1860 | Waarnemend | |
Marthinus Wessel Pretorius | 8 Februarie 1860 | 17 Junie 1863 | ||
Jan Willem Spruyt | September 1860 | Waarnemend tydens afwesigheid, waarskynlik ook tydens ander geleenthede tot 1862[5] | ||
Joseph Allison | 18 Maart 1863 | 20 Junie 1863 | Waarnemend gedurende verlof tot 17 Junie[6] | |
Jacobus Johannes Venter | 20 Junie 1863 | 2 Februarie 1864 | Waarnemend | |
Sir Johannes Henricus Brand | 2 Februarie 1864 | 14 Julie 1888 | ||
Friedrich Kaufmann Höhne | 31 Augustus 1872 | 4 Oktober 1872 | Waarnemend gedurende verlof | |
Jacobus Johannes Venter | 1869 | 1870 | Waarnemend gedurende verlof | |
Uitvoerende Komitee bestaande uit William Collins, Friedrich Pieter Schnehage en Gerhardus Johannes du Toit | Waarnemend gedurende verlof | |||
Pieter Jeremias Blignaut | 14 Julie 1888 | 10 Januarie 1889 | Waarnemend | |
Francis William Reitz | 10 Januarie 1889 | 11 Desember 1895 | ||
Pieter Jeremias Blignaut | 11 Desember 1895 | 4 Maart 1896 | Waarnemend | |
Martinus Theunis Steyn | 4 Maart 1896 | 31 Mei 1902 | ||
Christiaan Rudolf de Wet | 29 Mei 1902 | 31 Mei 1902 | Waarnemend |
Notas
- (en) Oranje-Vrystaat by Worldstatesmen.org
- Muller, Hendrik P.N., Oude tyden in den Oranje-Vrystaat. Naar Mr. H.A.L. Hamelberg's nagelaten papieren beschreven. Leiden: E.J. Brill 1907. 53-54.
- Muller, Oude tyden in den Oranje-Vrystaat. 127, 132.
- Muller, Oude tyden in den Oranje-Vrystaat. 132.
- Muller, Oude tyden in den Oranje-Vrystaat. 141, 143-144.
- Muller, Oude tyden in den Oranje-Vrystaat. 146-147.