Prayagraj

Prayagraj is 'n stad in die Indiese deelstaat Uttar Pradesh met 'n bevolking van 1 117 094 in 2011. Die stad is in 1583 gestig en tot 2018 genoem na Allah, die Arabiese naam vir God en -ābād, Persies vir te bou of te skep, wat beteken "Stad van God" of "God se skepping". Prayagraj is aan die saamvloei van die Yamuna en die Ganges, twee van die heiligste riviers van die Hindoeïsme, geleë. Dus is Prayagraj 'n belangrike pelgrimstog vir Hindoes. Elke 12 jaar word die fees Kumbh Mela hier gevier.

Prayagraj

प्रयागराज (Hindi)
پریاگراج (Oerdoe)

Allahabad (tot 2018)
Stad
Prayagraj is in Indië
Prayagraj
Prayagraj
Ligging in Indië
Koördinate: 25°27′00″N 81°51′00″O
LandVlag van Indië Indië
DeelstaatUttar Pradesh
DistrikPrayagraj
Stigting1583
Regering
  TipeAllahabad Munisipale Korporasie
  BurgemeesterAbhilasha Gupta
Oppervlak
  Stad5 424 km2 (2 094 vk. myl)
Hoogte
98 m (322 ft)
Bevolking
  Stad1 117 094
  Metro
5 959 798
  Metrodigtheid1 087/km2 (2 820/vk. myl)
TydsoneUTC+5:30 (IST)
Poskode
211001-18
Skakelkodes532
Webwerfallahabad.nic.in

Prayagraj is bekend as "stad van die eerste ministers", omdat sewe van die 13 eerste ministers van Indië 'n verbintenis met die stad gehad het. Onder ander is Indira Gandhi in Prayagraj gebore. Die tydsone van Indië en Sri Lanka, UTC+05:30, word vanaf die observatorium in Prayagraj in Indië bereken.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.