Pragium

Die Pragium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Karboon Mississippium Tournaisium jonger
Devoon Laat Famennium 372,2–358,9
Frasnium 382,7–372,2
Middel Givetium 387,7–382,7
Eifelium 393,3–387,7
Vroeg Emsium 407,6–393,3
Pragium 410,8–407,6
Lochkovium 419,2–410,8
Siluur Pridolium geen gedef. ouer
Die verdeling van die Devoon (IKS).

Die Pragium was van 410,8 tot 407,6 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Lochkovium-etage/tydsnede en gevolg deur die Emsium.

Naam

Die basis van die Pragium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Eognathodus sulcatus en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Polygnathus kitabicus. Dit is genoem na Praag in Tsjeggië – die tipeligging vir die basis is in die steengroef Valká Chuchle suidwes van Praag.[2]

Bronne

  1. Gradstein et al. (2004)
  2. Chlupác & Oliver (1989)
  • (en) Chlupác, I. & Kukal, Z.; 1977: The boundary stratotype at Klonk. The Silurian-Devonian Boundary. IUGS Series A5, p. 96-109, ISSN 0374-8480.
  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.