Pous Victor II
Victor II was die 153ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Victor II | |
---|---|
Geboortenaam | Gebhard Graf von Calw, Tollenstein-Hirschberg |
Pontifikaat begin | 13 April 1055 |
Pontifikaat eindig | 28 Julie 1057 |
Voorganger | Leo IX |
Opvolger | Stefanus IX (X) |
Gebore | ± 1018 Swabe, Duitsland |
Sterf | 28 Julie 1057 Arezzo, Italië |
Ander pouse genaamd Victor |
Biografie
Pous Victor II is gebore as Gebhard von Dollnstein-Hirschberg (ook Tollenstein gespel) ongeveer in 1018 in Swabe, Duitsland die seun van baron Harwig von Calw[1] en sy vrou Beliza. Hy was familie van keiser Hendrik III. Op aandrang van 'n ander Gebhard, biskop van Regensburg word hy op 24-jarige leeftyd aangestel as biskop van Eichstätt. Op 13 April 1055 volg hy Pous Leo IX op en regeer tot sy dood op 28 Julie 1057. Hy word opgevolg deur Pous Stefanus IX (X). Die naam ‘Victor’ beteken 'oorwinnaar'.
Pontifikaat
In Junie 1055 hou Pous Victor II 'n vergadering met keiser Hendrik III in Florence waarop die selibaat van priesters weereens bevestig word. Op 5 Oktober 1056 sterf Hendrik III in Botfeld en Victor word die beskermheer van die jonge Hendrik IV en die raadgewer van sy moeder, die regentes keiserin Agnes van Poiteau. Pous Victor II gebruik die posisie om die pouslike gesag te versterk en vrede te herstel in die keiserryk. Hy het Frederik, die ab van Monte Casino en broer van Godfried, hertog van Lorraine, 'n kardinaal gemaak. Frederik gaan later vir Victor opvolg as Pous Stefanus IX (X).
Bibliografie
- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
- August Sieghardt: Die Grafen von Hirschberg im Altmühltal. Einst Herren von Grögling, Dollnstein und Ottenburg, in: Heimgarten 26 (1955), Nr. 21
- Rudolf Graber: Der Eichstätter Papst Viktor II. (1055–1057), in: Historische Blätter für Stadt und Landkreis Eichstätt 4 (1955), Nr. 7/8
- Bischof Gebhard I. - Papst Viktor II. (1042–1057), in: Eduard Matthäus Werner: Anonymus Haserensis von Eichstätt. Studien zur Biographie im Hochmittelalter, Diss phil. LMU München 1966, S. 92–96
- Brun Appel, Walter Dürig, Andreas Bauch (Herausgeber), Ernst Reiter (Herausgeber): Das „Pontifikale Gundekarianum“: Faksimile-Ausgabe des Codex B 4 im Diözesan-Archiv Eichstätt, Reichert Verlag, ISBN 3-88226-372-5
- Georg Schörner: Das Papst-Viktor-Denkmal im Dom Eichstätts. Meisterwerk der Bildhauerin Johanna Fischl. In: Historische Blätter für Stadt und Landkreis Eichstätt 1985, Nr. 1
- Klaus Kreitmeir: Die Geschichte des Marktes Dollnstein bis zur Säkularisation, in: Dollnstein 600 Jahre Markt, Kipfenberg: Hercynia 1987, S. 58–73, bes. S. 59
- Klaus Kreitmeir: Die Bischöfe von Eichstätt, Eichstätt: Verlag Kirchenzeitung 1992
Verwysings
- "Victor II." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 20 Junie 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9075238%5Bdooie+skakel%5D>
Eksterne skakels
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- GM Inskrywing in die Genealogie van die Middeleeue (Duits)
Nota
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Voorafgegaan deur Gezmann |
Biskop van Eichstätt 1042 – 1057 |
Opgevolg deur Gundekar II |
Voorafgegaan deur Leo IX |
Pous (Pontifex Maximus) 1055 – 1057 |
Opgevolg deur Stefanus IX (X) |