Pous Johannes IX
Johannes IX was die 116de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Johannes IX | |
---|---|
Pontifikaat begin | Januarie 898 |
Pontifikaat eindig | Januarie 900 |
Voorganger | Theodorus II |
Opvolger | Benedictus IV |
Gebore | 840 Tivoli, Italië |
Sterf | Januarie 900 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Johannes |
Biografie
Pous Johannes IX is gebore in 840 in Tivoli, Italië die seun van Rampoald. Voor sy verkiesing was Johannes 'n Benediktyner monnik en is tot priester gewy deur Pous Formosus. In Januarie 898 volg hy Pous Theodorus II op deur die invloed van keiser Lambert van Spoleto. Hy regeer tot sy dood in Januarie 900 en word opgevolg deur Pous Benedictus IV. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat
Gelyktydig met die verkiesing van Pous Johannes IX het die teenstanders van Pous Formosus Teenpous Sergies III verkies, maar hy is gewelddadig verdryf en geëkskommunikeer. Pous Johannes bekragtig die rehabilitasie van Pous Formosus wat reeds deur sy voorganger Pous Theodorus II deurgevoer is. Hy laat die notules van die "kadawersinode" verbrand. Die pous het goeie betrekkinge met keiser Lambert onderhou en hom onvoorwaardelik gesteun tydens die keiser se stryd met Arnolf van Karintië. Om die bande met die keiser te versterk, bepaal hy dat 'n pous slegs ingehuldig kan word in die teenwoordigheid van die keiser of sy gesant. Na Johannes se onverwagse dood in 900 begin die Romeinse adellikes weer onder mekaar baklei.
Bibliografie
- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
Eksterne skakels
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Voorafgegaan deur Theodorus II |
Pous (Pontifex Maximus) 898 – 900 |
Opgevolg deur Benedictus IV |