Pous Gelasius I
Gelasius I was die 49ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Gelasius I | |
---|---|
Geboortenaam | Gelasius |
Pontifikaat begin | 1 Maart 492 |
Pontifikaat eindig | 19 November 496 |
Voorganger | Felix III |
Opvolger | Anastasius II |
Gebore | Kabylie |
Sterf | 19 November 496 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Gelasius |
Biografie
Pous Gelasius I word gesien as die derde pous wat van Afrika afkomstig is. Hy is in Kabylie gebore. Op 1 Maart 492 volg hy Pous Felix III op en regeer tot sy dood op 19 November 496. Hy word opgevolg deur Pous Anastasius II. Die naam ‘Gelasius’ beteken 'die vrolike' in Grieks.
Pontifikaat
Die pontifikaat van Gelasius word gesien as 'n voortsetting van die bewind van Pous Felix III. Veral die stryd met die monofisiete duur voort. Gelasius skryf 'n boek "De duabus in Christo naturis" (oor die dualiteit van die natuur van Christus). In 'n brief aan keiser Anastasius I van die Oos-Romeinse Ryk stel hy die duidelik dat die kerklike gesag wat van God kom, hoër is as die wêreldlike gesag van die keiser. Hierdie stelling sal later bekend staan as die "Twee-magte-leer".
Tydens Gelasius se pontifiaat word die kanon van die Bybel vasgestel tydens 'n sinode in Rome in 494. Hierdie stelling word bevraagteken en die sinode het dalk nooit plaasgevind nie.[1] Gelasius het baie geskrywe, daar het 42 briewe, 49 fragmente van briewe en 6 traktaatjies van hom bewaar gebly.
Verering
Pous Gelasius I word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 21 November, die dag van sy begrafnis.
Verwysings
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Gelasius I. |
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- Ekumeniese Heiligesleksikon
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
Nota
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia's.
Opvolging
Voorafgegaan deur Felix III |
Pous (Pontifex Maximus) 492 – 496 |
Opgevolg deur Anastasius II |