Pous Gajus
Gajus (ook gespel ‘Caius’) was die 28ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Gajus | |
---|---|
Geboortenaam | Gajus |
Pontifikaat begin | 17 Desember 283 |
Pontifikaat eindig | 22 April 296 |
Voorganger | Eutichianus |
Opvolger | Marcellinus |
Gebore | Romeins-Dalmasië |
Sterf | 22 April 296 Rome, Italië |
Sint Pous Gajus | |
---|---|
Voorstelling van Gajus se martelaarskap deur Lorenzo Monaco | |
Gebore | Romeins-Dalmasië |
Sterfte | 22 April 296, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk Oosters-Ortodokse Kerk |
Feesdag | 22 April (Rooms-Katolieke Kerk) 18 Desember (Oosters-Ortodokse Kerk) |
Attribute | Pouslike tiara en Sint Nereus |
Beskermheilige | verering in Dalmasië en Venesië |
Biografie
Pous Gajus is waarskynlik gebore in Dalmasië en was dalk verwant aan die heilige Susanna van Rome (ook Susanna van Concordia genoem). Susanna se pa, die heilige Gabinius was glo 'n broer van Gajus. Daar word ook beweer dat hy verwant was aan keiser Diocletianus. Op 17 Desember 283 volg hy Pous Eutichianus op en regeer tot sy dood op 22 April 296. Hy word opgevolg deur Pous Marcellinus.
Pontifikaat
Daar is feitlik niks bekend oor sy lewe. Sy bewind word gekenmerk deur 'n tyd van vrede voor die laaste vervolging. Hy word genoem in die “Deposito Epicoporum” uit die 4de eeu, maar nie as martelaar nie. Hy is begrawe in die Callixtus katakombe. Sy seëlring is in sy graftombe gevind.
Verering
Pous Gajus word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk en sy feesdag is op 22 April, saam met Pous Soter. In die Oosters-Ortodokse Kerk is sy feesdag op 18 Desember. Hy word gewoonlik afgebeeld met die pouslike tiara en saam met die heilige Nereus. Hy word veral in Dalmasië en Venesië vereer.
Verwysings
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Caius. |
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
Nota
Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Opvolging
Voorafgegaan deur Eutichianus |
Biskop van Rome 283 – 296 |
Opgevolg deur Marcellinus |