Pous Eleuterus

Eleuterus was die dertiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Eleuterus
Geboortenaam Eleuterus
Pontifikaat begin 171 of 177
Pontifikaat eindig 24 Mei 185 of 193
Voorganger Soter
Opvolger Victor I
Gebore
Nicopolis, Epirus, Griekeland
Sterf 24 Mei 185 of 193
Rome, Italië
Sint Pous Eleuterus
Sterfte 24 Mei 185 of 193, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Feesdag 26 Mei
Attribute Tiara, Ferula, boek
Beskermheilige Cupramontana

Biografie

Pous Eleuterus is gebore in Nicopolis in Epirus (Griekeland) en oorlede op 24 Mei 185 of 193. In 171 of 177 volg hy Pous Soter op en word na sy dood opgevolg deur Pous Victor I. Hy is pous tydens die keiserlike bewind van Markus Aurelius en Commodus. Sy tydgenoot Hegesippus skryf dat hy 'n diaken was in die gemeente van Rome tydens Pous Anicetus en Pous Soter. Die naam Eleuterus beteken ‘bevryder’.

Pontifikaat

Die Liber Pontificalis beweer dat hy 'n briefwisseling gevoer het met 'n Britse koning Lucius van Brittanje, wat homself wou bekeer tot die Christendom. Daar is egter min bewys vir die stelling (Lees hier meer in Engels).

Gedurende sy pontifikaat probeer hy vergeefs om eenheid in die Kerk te bewerkstellig, maar moet uiteindelik die gnostici soos die montaniste, die marcioniste en die valentiniste uit die Kerk verban.

Eleuterus en die Montaniste

Die Montaniste het hulle oorsprong in Klein-Asië en verbrei na Rome en Gallië in die tweede helfte van die 2de eeu, rond die bewind van Eleuterus. Die besondere aard van die kettery het dit moeilik gemaak vir die Christene om standpunt daarteen in te neem. Gedurende die geweldadige vervolgings in Lyon in 177 het plaaslike aanhangers uit die gevangenis oor die nuwe beweging aan die gemeentes in Klein-Asië en Frigië en ook aan Pous Eleuterus geskryf. Die boodskapper was ouderling Irenaeus later biskop van Lyon. Eusebius beweer dat die Christene in Lyon, hoewel gekant teen die Montaniste, geduld bepleit het om kerkeenheid te bewaar.

Presies wanneer die Rooms-Katolieke Kerk sterk standpunt teen die Montaniste ingeneem het, is nie bekend nie. Tertullianus beweer dat 'n biskop van Rome 'n paar versoenende briewe aan die Montaniste geskryf het, maar dat die briewe later teruggetrek is.

In Rome het die Gnostici en die Montaniste aangehou om teen die Rooms-Katolieke Kerk te preek. Pous Eleuterus het toe (waarskynlik) 'n dekreet uitgevaardig waarin staan dat geen soort voedsel vir Christene onaanvaarbaar is.

Verering

Dit is moontlik dat Eleuterus 'n martelaar was. Hy word as heilige in die Rooms-Katolieke Kerk vereer. Sy feesdag is op 26 Mei. Hy is oorspronklik begrawe in Vatikaanstad naby Petrus. Later is liggaam oorgebring na die kerk San Giovanni della Pigna naby die Panteon. In 1591 is sy stoflike oorskot opnuut verskuif na die kerk Santa Susanna op versoek van Camilla Peretti, die suster van Pous Sixtus V.

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)

Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki's.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Soter
Biskop van Rome
174189
Opgevolg deur
Victor I
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.