Pous Callixtus I
Callixtus I was die sestiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Callixtus I | |
---|---|
Geboortenaam | Callixtus of Callistus |
Pontifikaat begin | 217 |
Pontifikaat eindig | 14 Oktober 222 |
Voorganger | Zefirinus |
Opvolger | Urbanus I |
Gebore | 155 Griekeland |
Sterf | 14 Oktober 222 Rome, Italië[1] |
Ander pouse genaamd Callixtus |
Sint Pous Callixtus I | |
---|---|
Gebore | 155, Griekeland |
Sterfte | 14 Oktober 222, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Feesdag | 14 Oktober |
Beskermheilige | Begraafplaaswerkers[2] |
Biografie
Pous Callixtus I (ook Calixtus of Calistus) is waarskynlik gebore in 155 in 'n Griekse slawefamilie en het in Trastevere, 'n woonwyk in Rome aan die Tiber se regteroewer, groot geword. Hy sterf op 14 Oktober 222. Die naam Callixtus beteken “die mooiste”. In 217 volg hy Pous Zefirinus op en word na sy dood opgevolg deur Pous Urbanus I. Hy was pous tydens die bewind van die Romeinse keisers Heliogabalus en Alexander Severus.
Sy teenstander Hippolitus beskryf sy jeug. Callixtus was as jong slaaf die bestuurder van 'n bank, maar het geld verloor. Hy het uit Rome gevlug, maar is by die see naby Portus gevang en na sy meester Carpophorus in Rome teruggestuur. Sy krediteure het egter gevra dat hy vrygelaat moet word in die hoop dat hy genoeg geld sou verdien om hulle terug te betaal. Callixtus is egter gearresteer toe hy in 'n sinagoge met Joodse geldskieters baklei het. Weens sy geloof is hy na die soutmyne van Sardinië gestuur. Op voorspraak van Marcia, 'n minnares van die keiser Commodus is hy saam met ander Christene in 190 vrygelaat. Omdat sy gesondheid sleg was het Pous Victor I hom onderdak verskaf.
Pous Callixtus gee sy naam aan die Callixtus katakombe langs die Via Appia. Hy is daar begrawe en na hom is alle pouse tot Pous Eutichianus daar begrawe met die uitsondering van Pous Cornelius. Die katakombe was vergeet en verlore totdat dit in 1849 deur die argeoloog Giovanni Battista de Rossi herontdek is. Dit staan tans bekend as die Capello dei Papi. Volgens die legende sterf Callixtus self deurdat hy in 'n put gegooi is by die Santa Maria kerk in Trastevere.
Pontifikaat
Een van sy belangrikste besluite was dat alle sondes vergewe kan word, ook moord, owerspel en verkragting. Dit het gelei tot 'n kerkskeuring (skisma) waarby die eerste teenpous, Pous Hippolitus gekies is.
Verering
Callixtus word as martelaar en heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk veral in Todi (Italië). Sy relieke word in verskeie kerke aangehou, onder andere in Cysoing by Doornik, Reims, Fulda, Napels en Rome. Sy feesdag is sy sterfdag 14 Oktober.
Verwysings
- The Editors of Encyclopædia Britannica. "Saint Calixtus I" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 13 November 2016.
{{cite web}}
:|author=
has generic name (hulp) - Jones, Tery M. "Pope Saint Callistus I". Saints.SQPN.com (in Engels). Star Quest Publication Network. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2014. Besoek op 14 Oktober 2010.
Bronne
- Catholic Encyclopedia 1908: "Pope St. Callistus"
- Encyclopaedia Britannica: Saint Calixtus I
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Callistus I. |
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- Ökumenisches Heiligenlexikon
Nota
Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedias.