Pous Bonifatius III
Bonifatius III was die 66ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Bonifatius III | |
---|---|
Pontifikaat begin | 19 Februarie 607 |
Pontifikaat eindig | 12 November 607 |
Voorganger | Sabinianus |
Opvolger | Bonifatius IV |
Gebore | Rome, Italië |
Sterf | 12 November 607 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Bonifatius |
Biografie
Pous Bonifatius III is van Griekse oorsprong, maar gebore in Rome die seun van Johannes Katadiokus. Op 19 Februarie 607 volg hy Pous Sabinianus op en regeer tot sy dood op 12 November 607. Hy word opgevolg deur Pous Bonifatius IV. Die naam ‘Bonifatius’ beteken 'weldoener'.
Pontifikaat
Tydens die pontifikaat van Pous Gregorius I was Bonifatius pouslikgesant in Konstantinopel. Hy het daarvoor gesorg dat keiser Phokas die patriarg van Konstantinopel, sy titel van Universele Patriarg ontneem en dit slegs aan die biskop van Rome toeken. Hy laat ook die keiser 'n dekreet uitvaardig waarin die biskop van Rome as die hoogste gesag in die Kerk verklaar word. Dit was egter reeds sedert die regering van keiser Justinianus die geval. Pous Bonifatius het 'n verbod geplaas op die bespreking van 'n pous se opvolger voordat die regerende pous dood is. Verder stel hy vas dat geen nuwe pous verkies mag word voordat die pous drie dae dood is nie.
Verwysings
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.
Eksterne skakels
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
Nota
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
Voorafgegaan deur Sabinianus |
Pous (Pontifex Maximus) 607 – 607 |
Opgevolg deur Bonifatius IV |