Pou (sterrebeeld)

Die Pou (Latyn: Pavo) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 12 sterrebeelde wat in die 16de eeu deur Petrus Plancius geskep is na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman.

Pou
Latynse naamPavo
GenitiefPavonis
AfkortingPav
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming20h
Deklinasie-65º
Grootte378 vk. grade (44ste)
KwadrantSQ4
Besonderhede
Hoofsterre7
Helderste sterAlpha Pavonis (Pou)
Naaste sterSCR 1845-6357
Sterre helderder as 3 m1
Sterre met planete5
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre24
MeteoorreënsDelta-Pavoniede
Aangrensende sterrebeelde
Oktant, Paradysvoël, Altaar, Teleskoop, Indiër
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Die merkwaardigste ster in die Pou is Delta Pavonis, ’n son-tipe ster, maar verder gevorder op die evolusiepad. Phi2 Pavonis, nog ’n ster baie soos die son, het ’n onbevestigde planeet. Die sterrebeeld bevat ook die bolvormige sterreswerm NGC 6752.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.