Potketel

'n Potketel is 'n tipe ketel wat gebruik word in die distillasie van spiritualieë soos whiskey en brandewyn. Hitte word direk tot die pot aangewend waarin die wyn lê.

Potketels by die Van Ryn Brandewynkelder naby Stellenbosch, Suid-Afrika

In die potketel vloei alkoholdampe vanuit die ketel na die kondensasiespoel wat in die tweede ketel inloop. Distillasie deur middel van 'n pot verg steeds gereeld twee aparte distillasies in aparte ketels.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.