Portugese Wikipedia
Die Portugese Wikipedia is die Portugese uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie. Die wikipedia is in 11 Mei 2001 begin. Dit het tans 1 120 265 artikels.
Portugese Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Portugees |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Opgerig | 11 Mei 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | pt.wikipedia.org |
Vanaf laat 2004 het die uitgawe vinnig begin groei. In Mei 2005 steek hulle die Spaanse en Italiaanse Wikipedias verby, maar word later weer ingehaal. Tans is dit die 18de grootste Wikipedia volgens die aantal artikels.
Portugese artikels kan 'n variasie van Europese of Brasiliaanse Portugees bevat, afhangende van wie dit geskryf het. In 2005 word voorgestel dat die wikipedia in twee verdeel word. Die voorstel is tot stemming geroep en is uiteindelik deur die Wikimedia-gemeenskap verwerp.
Voorbeeld
- 'n Voorbeeld van 'n Portugeestalige artikel oor Afrikaans: Língua africâner.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Portugese Wikipedia. |
- (pt) Die tuisblad van die Portugese Wikipedia
- (pt) Estatísticas Wikipédia em português – statistieke vir die Portugese Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.