Portugese Ryk
Die Portugese Ryk (Portugees: Império Português), ook bekend as Oorsese Portugal (Ultramar Português) of Portugese koloniale ryk (Império Colonial Português), was die eerste globale ryk in die geskiedenis. Dit was die langste bestaande koloniale ryk in die moderne Europese geskiedenis en het vir ses eeue bestaan, tussen die verowering van Ceuta op 21 Augustus 1415 en die oorhandiging van Macau aan die Volksrepubliek China op 20 Desember 1999 of die onafhanklikheid van Oos-Timor op 20 Mei 2002. Die ryk het oor 'n groot aantal van gebiede gestrek, wat nou deel uitmaak van 53 verskeie onafhanklike lande.
| |||||||||||||||
| |||||||||||||||
Leuse: Vis Unita Maior Nunc et Semper (Latyns vir: "Nou en vir ewig, Verenig Ons is Groter") | |||||||||||||||
Volkslied: O Hino da Carta (1834–1911) A Portuguesa (1911–2002) | |||||||||||||||
Hoofstad | Lissabon (1385-1808) Rio de Janeiro (1808-1822) Lissabon (1822-2002) 38°43′N 09°08′W | ||||||||||||||
Taal/Tale | Portugees | ||||||||||||||
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk | ||||||||||||||
Regering | Monargie | ||||||||||||||
Monarg | |||||||||||||||
- 1385–1433 | Johannes I van Portugal | ||||||||||||||
- 1581–1598 | Filips II van Spanje | ||||||||||||||
- 1908–1910 | Manuel II van Portugal | ||||||||||||||
Wetgewer | Portugese Parlement | ||||||||||||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||||||||||||
- Verowering van Ceuta | 21 Augustus 1415 | ||||||||||||||
- Seeroete ná Indië gevestig | 20 Mei 1498 | ||||||||||||||
- Ontdekking van Brasilië | 22 April 1500 | ||||||||||||||
- Oorplasing van die Portugese Hof na Brasilië | 8 Maart 1808 | ||||||||||||||
- Stigting van die Verenigde Koninkryk van Brasilië, Portugal en die Algarves | 16 Desember 1815 | ||||||||||||||
- Onafhanklikheid van Brasilië | 7 September 1822 | ||||||||||||||
- Macau word teruggegee aan die Volksrepubliek China | 20 Desember 1999 | ||||||||||||||
- Onafhanklikheid van Oos-Timor | 20 Mei 2002 | ||||||||||||||
|
Portugese seevaarders het in 1419 met die verkenning van die kus van Afrika begin en het die onlangse ontwikkelinge in navigasie, kartografie en maritieme tegnologie soos die karveel gebruik, omdat hulle 'n seeroete na die bron van die winsgewende speseryhandel kon vind. In 1488 het Bartolomeus Dias die Kaap die Goeie Hoop omgevaar en op 20 Mei 1498 het Vasco da Gama Indië bereik. Op 22 April 1500 het Pedro Álvares Cabral deur 'n toevallige wal of deur die kroon se geheime ontwerp Brasilië aan die kus van Suid-Amerika ontdek. Oor die volgende dekades het Portugese seevaarders voortgegaan om die kuste en eilande van Oos-Asië te verken, stigting van vestings en fabrieke terwyl hulle voortreis. In 1571 het 'n netwerk van buiteposte langs die kuste van Afrika, die Midde-Ooste, Indië en Asië Lissabon met Nagasaki verbind. Hierdie kommersiële netwerk het groot rykdom ná Portugal gebring.
Wanneer Filips II van Spanje in 1580 die Portugese kroon geërf het, het 'n 60-jarige unie tussen Portugal en Spanje begin, wat bekend staan as die Iberiese Unie. Alhoewel die gebiede verder afsonderlik geadministreer is, het die Raad van Portugal sy ryk vanaf Madrid regeer. As die koning van Spanje ook die koning van Portugal was, het die Portugese kolonies onderwerp van aanvalle deur die drie Europese magte Engeland, Frankryk en Nederland geword. Weens sy kleiner bevolking was Portugal nie in staat om sy oorgetrekte netwerk van handelsposte effektief te beskerm nie en die ryk begin met 'n lang en geleidelike agteruitgang.[1] Uiteindelik het beduidende verliese aan Nederland in Portugees-Indië en Suidoos-Asië tydens die 17de eeu 'n einde aan die Portugese handelsmonopolie in die Indiese Oseaan gebring. Brasilië het Portugal se mees waardevolle kolonie geword, totdat dit as deel van die onafhanklikheidsbewegings in die Amerikas tydens die vroeë 19de eeu op 7 September 1822 weggebreek is. Portugal se koloniale ryk is op gebiede aan die kus van Afrika, wat tydens die Wedloop om Afrika in die laat 19de eeu ná die binneland uitgebrei is, Portugees-Timor, Macau en enklawe in Indië gereduseer.
Ná die Tweede Wêreldoorlog het Portugal se leier António Salazar probeer om te hou wat oorgebly het van die transkontinentale ryk, terwyl ander Europese lande besig was om hulle kolonies te onttrek. In 1961 was die handvol Portugese troepe in Goa nie in staat om die Indiese verowering te vermy nie. Salazar het 'n lang en bloedige oorlog begin om anti-kolonialistiese kragte in die Afrika-kolonies te onderdruk. Die ongewilde oorlog het geduur tot die omverwerping van die diktatuur in 1974. Die nuwe regering het onmiddellik die beleid verander en die onafhanklikheid van al sy kolonies erken, behalwe Macau, wat vervolgens 'n ooreenkoms met die Sjinese regering in 20 Desember 1999 teruggegee is. Dit het tot die nie amptelike einde van die Portugese Ryk gelei. Tans vorm net die Asore en die Madeiraeilande die laaste oorsese gebiede van Portugal, terwyl die Gemeenskap van Portugese Lande (Comunidade dos Países de Língua Portuguesa, CPLP) as kulturele en interstaatlike opvolger van die Ryk dien.
Verwysings
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Portugese Ryk.
- (en) leep (1997). "Structural dynamics: theory and computation". New York: Chapman and Hall. Springer. Bibcode:1991sdtc.book.....P. ISBN 978-0-412-07461-5. Besoek op 12 Augustus 2011.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Koloniale ryke |
---|
Amerikaans • Australies • Belgies • Brits • Deens • Duits • Engels • Frans • Habsburgs • Italiaans • Japannees • Koers • Nederlands • Nieu-Seelands • Noors • Ottomaans • Portugees • Russies • Spaans • Suid-Afrikaans • Sweeds |