Portjacksonboom
Die Portjackson (Acacia saligna) is 'n indringerplant in Suid-Afrika wat endemies aan Australiƫ is, waar dit in die suidweste van die land voorkom. Die boom staan ook as die goudwilger bekend en groei in fynbos, kusduine, langs paaie, waterlope en bosveld.

Blomme en blare
Port Jackson | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Acacia |
Spesie: | A. saligna |
Binomiale naam | |
Acacia saligna (Labill.) H.L.Wendl. | |
![]() | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme | |
Acacia cyanophylla Lindley |
Voorkoms
Die boom word tot 7 m hoog, is middelgroot, immergroen en doringloos. Die bas is glad en liggrys. Die takke is dikwels verwronge met groot bruin galle of swelsels. Die blare is enkelvoudig, ellipties en heldergroen. Die heldergeel blomme kom in bolvormige hofies voor. Hulle is oorvloedig en okselstandig. Die saadpeul het 'n harde, ligkleurige rand. Die boom word vir duinherwinning en looibas gekweek.
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Acacia saligna. |
Bron
- Butchart, Duncan: Natuurlewe van Suid-Afrika. Struik Nature. 2012. ISBN 978-1-4317-0248-0
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.