Port Shepstone
Port Shepstone is 'n hoofdorp in die ooste van Suid-Afrika, in die suide van die provinsie van KwaZulu-Natal. Die dorp is 120 km suid van Durban. Die N2 nasionale pad wat vanaf Kaapstad kuslangs loop, gaan deur die dorp. Dit is ook die begin/eindpunt van die R61-provinsiale roete wat deur die Oos-Kaap na Beaufort-Wes strek.
Port Shepstone | |
---|---|
![]() ![]() Port Shepstone ![]() | |
Koördinate: 30°45′0″S 30°27′0″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Ugu |
Munisipaliteit | Ray Nkonyeni |
Stigting | 1867 |
Oppervlak | |
• Totaal | 38,02 km2 (14,68 vk. myl) |
Hoogte | 9 m (30 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 35 633 |
• Digtheid | 937/km2 (2 430/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 21.3% |
• Indiërs/Asiërs | 32.1% |
• Bruin mense | 6.3% |
• Swart mense | 39.7% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Engels | 55.3% |
• Zoeloe | 21.4% |
• Xhosa | 10.5% |
• Afrikaans | 9.3% |
• Ander | 3.5% |
Poskode (strate) | 4240 |
Poskode (posbusse) | 4240 |
Skakelkode | 039 |
Webwerf | http://www.portshepstone.co.za |
Geskiedenis
Die dorp is in 1867 by die mond van die Mzimkulurivier (beteken:groot tuiste van alle riviere) gestig en na sir Theophilus Shepstone, sekretaris van naturellesake in Natal, vernoem. Munisipale status is in 1934 toegeken. Die oorspronklike nedersetting het ontstaan nadat marmer aan albei oewers naby die monding van die rivier ontdek was. Teen 1901 het die spoorlyn vanaf Durban die dorp bereik.
Hedendaags
Regering
Port Shepstone is die setel van die Ugu-distriksmunisipaliteit en ook die Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit, wat beteken dat die meeste staatsdepartemente kantore hier het.
Boorling van Port Shepstone
Burry Stander (1987-2013), in lewe 'n Suid-Afrikaanse bergfietsryer.
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. 1995. B.P.J. Erasmus. ISBN 1-86842-026-4
- "Hoofplek Port Shepstone". Sensus 2011.