Port Huron, Michigan
Port Huron is 'n stad aan die St. Clairrivier waar dit in die Huronmeer vloei in die deelstaat van Michigan. Die stad is 92km noordoos van Detroit. Die administratiewe setel van St. Clair County is in die stad. Die stad is met Sarnia, Ontario met die Internasionale Treintonnel en die Blue Water International Bridge verbind.
Port Huron | |
---|---|
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Deelstaat | ![]() |
County | St. Clair |
Koördinate | 42°59′N 82°26′W |
Inkorporasie | 1857 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 31,75 vk km |
Hoogte bo seevlak | 184 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 29 684 |
- Bevolkingsdigtheid | 950/vk km |
Tydsone | EST (UTC -5) |
Somertyd | EDT (UTC -4) |
Burgemeester | Pauline Repp |
Amptelike Webwerf | porthuron.org |
Geskiedenis
Die nedersetting het dorpstatus in 1849 verkry en stadstatus in 1857. Die bevolking was 29 684 in 2012.
Bron
- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 19, Bladsy 265.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.