Port Edward
Port Edward is 'n kusdorp in suidelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die Mtamvunarivier, die grens tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap is 4 km suid van Port Edward.
Port Edward | |
---|---|
![]() ![]() Port Edward ![]() | |
Koördinate: 31°3′0″S 30°13′0″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Ugu |
Munisipaliteit | Ray Nkonyeni |
Oppervlak | |
• Totaal | 24,18 km2 (9,34 vk. myl) |
Hoogte | 8 m (26 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 409 |
• Digtheid | 182/km2 (470/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 60.6% |
• Indiërs/Asiërs | 5.2% |
• Bruin mense | 2.7% |
• Swart mense | 30.9% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Engels | 49.6% |
• Afrikaans | 24.0% |
• Xhosa | 11.8% |
• Zoeloe | 10.8% |
• Ander | 3.8% |
Poskode (strate) | 4295 |
Poskode (posbusse) | 4295 |
Skakelkode | 039 |
Geskiedenis
TK Pringle het in 1925 grond gekoop om daarop af te tree. Hy het dit Banner Rest gedoop. Die dorpie wat later uitgelê is, is Port Edward genoem ter ere van die Prins van Wallis, wat later koning Edward III geword het.
Besienswaardigheid
Daar is skulpneerslae by Mzambastrand, naby die mond van die Mzambarivier, wat tot wetenskaplike en natuurlike monumente verklaar is. Dit is sowat 10 km suid van Port Edward.
Sien ook
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- Rooi Woestyn die kleinste woestyn ter wêreld, geleë naby Port Edward.
Bronne
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Verwysings
- "Hoofplek Port Edward". Sensus 2011.
- SA Explorer Port Edward afstande
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.