Poriewater
Poriewater is water wat binne die porieruimte van grond of gesteente voorkom. Poriewater is een van die faktore wat die stabiliteit van 'n hang bepaal. Dit speel 'n belangrike rol in die diagenese.
Afsettings wat op die bodem van die oseaan neerslaan kan water in sy porieƫ stoor.
Aan die tussenvlak van water en afsetting kan die poriewater tot 90% van die volume beslaan. Dieper in die afsettings neem die watergehalte skielik af tot slegs 5-20% as die afsetting versteen. Wanneer die gevormde lae saamgepers word, kan die poriewater uitgedruk word en deur breuke na bo kom.[1]
Verwysings
- Pore water chemistry D.Hammond Encyclopedia of Ocean Sciences 2001, bls. 563
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.