Poppa van Bayeux
Poppa van Bayeux (Franse fonetiese uitspraak: pɔpa d(ə) bɛjø; gebore omstreeks 880 n.C., was ingevolge Deense gebruik (more danico)[2] die vrou[3][4] van die Wiking veroweraar Rollo. Sy was die moeder van Willem I van Normandië en Geirlaug[5][6], en grootmoeder van Richard I (Richard die Vreeslose), Hertog van Normandië, wat die hertogdom van Normandië omskep het in 'n groot feodale gebied van middeleeuse Frankryk.[7] Dudo van Sint-Quentin, in sy panegiriek[8] oor die Normandiese hertoë, beskryf Poppa as die dogter van "Graaf Berengar", wat in 885 of 889 deur Rollo in Bayeux gevange geneem is, kort na die beleg van Parys (885-886).[9] Dit het gelei tot spekulasie dat sy die dogter was van Berengar van Bayeux.[10][11]
Poppa van Bayeux | |
Poppa van Bayeux se standbeeld, Place de Gaulle, Bayeux | |
Persoonlike besonderhede | |
---|---|
Gebore | omstreeks 880[1] Bayeux, Wes-Frankia |
Kind(ers) | Willem I van Normandië Geirlaug (doopnaam, Adela) |
Deskundiges van middeleeuse genealogie verskil oor Poppa se familie. Christian Settipani is van oordeel dat haar ouers Guy de Senlis en Cunegundis (die dogter van Pepyn van Vermandois en suster van Herbert I van Vermandois) was.[12] Volgens Katherine Keats-Rohan was sy die dogter van Berengar van Bayeux en Adelheid (wie se vader Hendrik, Markgraaf van die Franke was) óf Adelheid van Vermandois.[13] Haar genealogie is onseker, en is moontlik later eers opgemaak om haar seun se afkoms te wettig, soos ook die geval is met talle ander genealogiese aansprake deur Dudo. Op grond van haar afsonderlike "more Danico"-status, wat haar van Rollo se Christenvrou Gisela van Frankryk onderskei, is dit onwaarskynlik dat Poppa se familie invloedryke Christelike adellikes was, omdat hulle sou aandring daarop – met geweld indien nodig – op 'n wettige en monogame Christelike huwelik vir hul dogter. Poppa was derhalwe waarskynlik 'n doodgewone vrou wat uit 'n gebied ontvoer is waarmee die Noormanne handelskontakte gehad het.[14] 'n Standbeeld van Poppa is opgerig by Place de Gaulle in Bayeux.[15]
Verwysings
- Christian Settipani & Patrick van Kerrebrouck. La préhistoire des Capétiens: 481–987. P. Van Kerrebrouck, 1993. p 221
- Die frase more danico is 'n Middeleeus-Latynse regsuitdrukking wat vertaal kan word as "volgens Deense gebruik", dit wil sê ingvolge Middeleeus-Skandinawiese gebruiklike reg
- Stewart Baldwin (2 Augustus 2004). "Poppa, tenth century, wife of Rollo of Normandy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2018. Besoek op 29 September 2018.
- Philip Lyndon Reynolds, Marriage in the Western Church: The Christianization of Marriage during the Patristic and Early Medieval Periods (E.J. Brill, Leiden, New York, 1994), pp. 110–111
- François Neveux, La Normandie des ducs aux rois: Xe-XIIe siècle, (Editions Ouest-France, 1998), p.125
- David Crouch, The Normans: The History of a Dynasty, (A&C Black, 2006), p.5
- Eleanor Searle, Predatory Kinship and the Creation of Norman Power, 840–1066 (University of California Press, Berkeley, 1988), p. 89
- 'n Panegiriek is 'n formele openbare toespraak of geskrewe vers, gelewer in groot lof van 'n persoon of ding. Die oorspronklike panegiriek is gelewer tydens openbare geleenthede in antieke Athene.
- David C. Douglas, 'Rollo of Normandy', The English Historical Review, Vol. 57, No. 228 (Okt., 1942), p. 417
- Pierre Bouet, Rollon: Le chef viking qui fonda la Normandie, (Tallandier, Parys, 2016), p. 96
- Elisabeth van Houts. The Normans in Europe. Manchester University Press, 2000. p 30
- Christian Settipani & Patrick van Kerrebrouck. La préhistoire des Capétiens: 481–987. P. Van Kerrebrouck, 1993. p 221
- Stewart Baldwin (2 Augustus 2004). "Poppa, tenth century, wife of Rollo of Normandy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2018. Besoek op 29 September 2018.
- François Neveux. Claire Ruelle, A brief history of the Normans: the conquests that changed the face of Europe (Robinson, 2008), p. 60-61
- Pierre Bouet, Rollon: Le chef viking qui fonda la Normandie, (Tallandier, Parys, 2016), p.235