Polonie
Polonie is die naam vir 'n groot wors gemaak van 'n mengsel van bees- en varkvleis wat gewild is in Suid-Afrika en baie gewild was in Brittanje tydens die 17de en 18de eeu. Polonie word nou minder dikwels geƫet. Polonie kan gestoor word vir lang tydperke, soms baie weke. Gewoonlik word polonie goed gekruie voordat dit warm gerook word. Dit kan ook gekook word in kookwater wanneer nodig.
Verbruik
Polonie word as 'n ekonomiese vleissoort genuttig, wat 'n rand kan rek op die kosrekening. Dis veral gewild by kinders op toebroodjies met bietjie mayonnaise of gerasperde kaas oorgestrooi.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.