Polokwane Internasionale Lughawe

Polokwane Internasionale Lughawe, voorheen bekend as Pietersburg Internasionale Lughawe of Gateway Internasionale Lughawe (IATA: PTG, ICAO: FAPP), is 'n lughawe in diens van die stad Polokwane (tot 2005 bekend as Pietersburg) in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die lughawe is 5 km noord van die stad geleë.[2] Dit is in 1996 geopen op die perseel van die voormalige Lugmagbasis Pietersburg.[3]

Polokwane Internasionale Lughawe
(voorheen Gateway Int. Lughawe)
IATA: PTGICAO: FAPP
PTG is in Limpopo
PTG
PTG
Ligging van die lughawe in Limpopo
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Bedien Polokwane (Pietersburg), Suid-Afrika
Hoogte bo seevlak 4 076 vt / 1 242 m
Koördinate 23°50′43″S 29°27′31″O
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
01/19 8 400 2 560 Teer
05/23 7 612 2 320 Teer
Statistieke (2010/11)
Passasiers 58  723[1]
Vragmassa 69,4 metrieke ton
Lugbewegings 7 783
Bron: WorldAeroData.com, 16 November 2007.

Die lughawe het geskeduleerde vlugte van en na Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe, met vyf vlugte op weeksdae, een vlug op Saterdae en twee op Sondae.[4] In 2010/11 het die lughawe 7 783 vlugte met 58 723 passasiers vir die jaar hanteer.[3]

In April 2021 het Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid die lughawe se lisensiekategorie weens die onvoldoende voorsiening van veiligheidsdienste vir geskeduleerde kommersiële vlugte afgegradeer. Vervolgens het Airlink sy vlugte hierheen opgeskort.[5]

Verwysings

  1. (en) "Aviation Statistics". Limpopo Province Freight Databank. Limpopo provinsiale regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2015. Besoek op 9 Augustus 2013.
  2. (en) Limpopo Toerisme & Parke: Lugvervoer Geargiveer 2 Maart 2013 op Wayback Machine
  3. (en) Gateway Internasionale Lughawe: Geskiedenis Geargiveer 14 Julie 2008 op Wayback Machine
  4. (en) Gateway Internasionale Lughawe: Vlugskedules Geargiveer 14 Julie 2008 op Wayback Machine
  5. (en) Sonjica, Nomahlubi (7 April 2021). "Airlink suspends flights to Polokwane after airport downgrade for safety reasons". TimesLIVE. Besoek op 7 April 2021.

Eksterne skakels


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.