Pollsmoor-gevangenis

Pollsmoor-gevangenis is 'n tronk in Tokai, 'n woonbuurt van Kaapstad, Suid-Afrika. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste bestuur.

Pollsmoor-gevangenis
Ligging
Stad/dorp Kaapstad
LandSuid-Afrika
Inligting
Sekuriteitsklas Maksimumsekuriteitstronk
Kapasiteit 4 336
Bevolking7 000
Bestuur deur SA Departement van Korrektiewe Dienste

Pollsmoor is 'n maksimum-sekuriteitstronk waaruit gevangenis weinig kans het om te ontsnap. Van Suid-Afrika se gevaarlikste misdadigers word hier aangehou. Die gevangenis het 1 278 personeellede en kan 4 336 aangehoudendes akkommodeer. Hoewel die aantal gevangenes daagliks wissel, huisves die tronk tans meer as 7 000.

Nelson Mandela was die bekendste gevangene wat hier aangehou is.[1] Marlene Lehnberg, die sogenaamde Skêrmoordenares, het haar vonnis hier uitgedien, maar is in 1986 op parool vrygelaat. Walter Sisulu en Ahmed Kathrada, albei anti-apartheid-aktiviste, was hier opgesluit. Allan Boesak het sy tronkstraf hier uitgedien nadat hy in 2000 aan bedrog skuldig bevind is.

Sien ook

Verwysings

  1. Mandela, Nelson (1994). Long Walk to Freedom: Die outobiografie van Nelson Mandela. Randburg: Macdonald Purnell. ISBN 0316874965.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.