Polihaliet

Polihaliet is 'n mineraal met 'n algemene formule K2Ca2Mg(SO4)4.2H2O. Dit is 'n evaporiet en 'n bron van vier belangrike makrovoedingstowwe: kalium, magnesium,kalsium en sulfaat.[2]

Polihaliet
 
FormuleK2Ca2Mg(SO4)4.2H2O[1] 
OnsuiwerhedeBr, CO2  
Kleurkleurloos, wit, pienk, rooi, grys, [1] 
Streepwit[1] 
Hardheid2,5 -3,5 (Mohs) [1] 
Digtheid2,78 g/cm3[1] 
Optiese eienskappe 
Transparansiedeursigtig[1] 
Dubbelbrekingbiaksiaal (-)[1] 
RI-waardesnα=1,546-1,548; nβ=1,558-1,562; nγ=1,567[1] 
 
Kristallografie 
RuimtegroepP1 
Nommer2 
Eenheidsela = 6.975(3) Å, b = 6.984(3) Å, c = 8.899(3) Å

α = 104.01(3)°, β = 101.19(3)°, γ = 114.10(6)°

* Lys van minerale
Portaal Geologie

Polihaliet is nie 'n volop mineraal nie. Dit kom saam met haliet en anhidriet is mariene afsettings voor.[3]

Kristalstruktuur

Polihaliet kirstalliseer in 'n trikliniese struktuur. Dit is opgebou uit [SO4]-tetraëders, [MgO6]-oktaëders en [CaO8]-driehoekige dodekaëders met kaliumione in 'n posisie wat deur 11 suurstofatome gekoördineer word.[3]

Die verbinding is 'n hidraat en dit kan by verhitting sy kristalwater verloor en ontbind. Termogravimetrie toon 'n oorgang teen 616,4K met 'n gewigsverlies van 5,8% as gevolg van die reaksie:

X-straaldiffraksie bevestig die teenwoordigheid van die twee langbeiniet-fases met verskillende Ca/Mg-verhouding, maar die oorgang het reeds teen 506K plaas. Dit is dalk om kinetiese redes. Die ontbinding van polihaliet is belangrik vir die planne om radioaktiewe afval in halietafsettings te gaan bewaar. Die afval is 'n hittebron en vrystelling van water deur ontbinding van minerale soos polihaliet is ongewens.[3]

Mynbou

Polihaliet word grootskaals gemyn vir sy aanwending as kunsmis. Die grootste bekende afsetting is in Noord-Yorkshire in Engeland en dit word in 2023 deur Anglo-American ontgin met skagte wat 1,6 km diep is.[4]Dit word veral op grasperke en sportaanlegte gebruik.[2]

Verwysings

  1. "Polyhalite". mindat 3259.
  2. "Polyhalite: The Smart and Natural Choice To Feed Lawns and Turf". ICL.
  3. Hongwu Xu; Xiaofeng Guo; Jianming Bai (2017). "Thermal behavior of polyhalite: a high-temperature synchrotron XRD study". Physics and Chemistry of Minerals. 44(2). doi:10.1007/s00269-016-0842-5.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. "The Woodsmith project". Anglo-American. Besoek op 11 Augustus 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.