Pokémon

Pokémon (ポケモン) is die naam van die multimiljoen dollar mediafranchise, wat die eiendom is van Nintendo. Die franchise is gebaseer op die konsep van vang, versamel, vermeerder, om handel te dryf, en om met honderde verskillende kreature te speel. Daar is Pokémon speletjies, anime, kaarte en manga.[1] Pokémon is deur Satoshi Tajiri op die been gebring. Hoewel daar 913 verskillende spesies van Pokémon bestaan, is die mees bekende Pikachu. Dit is Nintendo se tweede mees gewilde reeks.[2]

Die naam bly dieselfde in die meervoud; dus een Pokémon en baie Pokémon. Die franchise-naam is afgelei van die afkorting van die oorspronklike naam van sy eerste elektroniese speletjies, ポケットモンスター, Poketto Monsutā (Pocket Monsters in Engels; letterlik "sakmonsters").

Verwysings

Sien ook

  • Lys van Pokémon
  • Pokémon GO
  • Digimon
  • Mario
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.