Poenskop

Die Poenskop (Cymatoceps nasutus) is 'n endemiese vis wat aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus voorkom tussen Kaapstad en Maputo. Dit staan ook bekend as 'n Swartmosselkraker, Swart biskop of Swart stompkop. In Engels staan die vis bekend as die Black musselcracker. Prof. J.L.B. Smith het 16 plaaslike name vir die vis geïdentifiseer.

Poenskop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Cymatoceps
Spesie:
C. nasutus
Binomiale naam
Cymatoceps nasutus
Castelnau, 1861

Voorkoms

Die vis is donkergrys tot swart van kleur terwyl die onvolwasse visse 'n groenerige bruin kleur het met onreëlmatige wit vlekke op die lyf. Die volwasse visse het groot lippe met 4 tot 6 groot tande in die mond. Die vis word tot 1,2 m groot en weeg dan 37,8 kg.

Habitat

Die vis kom voor by rotsriwwe in water wat 2 tot 100 m diep is en die onvolwasse visse verkies vlak riwwe en alge beddings. Die vis groei stadig; 'n spesie van 1,1 m se geskatte ouderdom is ongeveer 45 jaar. Dit is 'n gewilde sportvis wat 'n uitdaging bied aan die hengelaar. Groot volwasse visse is uiters skaars.

Sien ook

Eksterne skakels

Bronne

  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6.
  • Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0.

Verwysings

    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.