Pletbaarheid
Pletbaarheid of smeebaarheid is 'n belangrike fisiese eienskap, veral van metale. Dit is die vermoƫ om onder kompressiewe druk vervorm te word in dun velle. Dit is die teenoorgestelde eienskap van rekbaarheid wat vervorming onder trekkrag inhou. Metale wat uiters pletbaar is hoef nie ook uiters rekbaar te wees nie. Koper is nogtans altwee.[1]
Die pletbaarheid kan gemeet word deur te bepaal watter drukspanning die materiaal kan weerstaan sonder om te breek. Verskille in metale se pletbaarheid weerspieƫl verskille in hul kristalstruktuur. Van die smeebare metale is goud, silwer, koper, aluminium en indium. Gewoonlik is materiale wat hard is, soos antimoon en bismut, nie baie pletbaar nie.[1]
Verwysings
- "The Balance Metallurgy" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.