Platbeen
Platbene is bene waarvan die hoofdoel is om óf uitgebreide beskerming óf vashegplek vir spiere te bied. Dié bene is breë, plat plate,[1] soos in die skedel, bekken, bors en ribbekas.
Platbeen | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
![]() | ||
Platbene in die menslike liggaam (in rooi). | ||
Inligting | ||
Latyn | Os planum | |
Ligging | In die hele liggaam | |
Werking | Uitgebreide beskerming Vashegplek vir spiere | |
Eksterne bronne | ||
FMA | 7476 |
Die verskillende platbene is: die pariëtale bene (aan die kant van die skedel), die voorkop, agterkop, neusbeen, traanbeen, ploegskaarbeen, heupbene, borsbeen, ribbes en bladbeen.[1] Die skedelbene bevat twee lae kompakte weefsel; die buitenste een is dik en sterk, en die binneste een dun, dig en bros (ook glasagtig genoem).[1]
Die platbene bestaan uit twee dun lae kompakte been met tussenin sponsagtige been,[1] waarin die rooi beenmurg voorkom. In volwassenes word die meeste rooibloedselle in platbene gevorm.
Verwysings
- Gray's Anatomy (1918) (Sien inligtingskas)
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Platbeen.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.