Platagtsilinder

'n Platagt of horisontaal-teenoorstaande agtsilinder is 'n binnebrandenjin in 'n plat opset, met 8 silinders.

Jabiru 5100 platagt-vliegtuigenjin

'n Bekende enjin van hierdie tipe is die Porsche lugverkoelde plat-8 enjin. Dit was ingestel as 'n 1,5-liter-enjin vir Formule Een, en het gegroei tot 'n 3-liter-weergawe wat gebruik is in die Porsche 908.

Continental en Lycoming het beide plat-8 vliegtuigenjins geproduseer. Die Lycoming IO-720 en Continental IO-720 reeks van enjins was vir 'n paar dekades in produksie.

Vergelyking tussen platagts en platsesse

'n Plat-8 loop effens gladder as 'n plat-6, maar aangesien beide tipes baie glad is, is dit gewoonlik makliker en goedkoper om 'n plat-6 te spesifiseer. Die belangrikste rede om 'n plat-8 te gebruik sou wees as die enjin se kubieke kapasiteit so groot is dat die silindergrootte in 'n plat-6 nie meer optimaal sal wees nie. As voorbeeld, vervaardig die Australiese Jabiru Vliegtuigmaatskappy drie verskillende bokserlugverkoelde vliegtuigenjins: 'n 2.2 liter plat-4, 'n 3.3 liter plat-6, en 'n 5.1-liter-plat-8.[1] 'n 5.1-liter-plat-8 het agt silinders van 638cc, terwyl 'n 5.1-liter-plat-ses silinders van 850 cc sou hê.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.


This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.