Piriet

Piriet (ook bekend as ysterkies of ysterpiriet) is 'n mineraal met formule FeS2 wat volop aangetref word in 'n verskeidenheid van geologiese formasies soos hidrotermale are of as deel van sedimentêre lae of metamorfiese gesteentes.[1]

Piriet
 
FormuleFeS2 
OnsuiwerhedeNi,Co,As,Cu,Zn,Ag,Au,Tl,Se,V 
Nickel-Strunz (10)2.EB.05a  
Kleurligte geelkoperkleur 
Streepgroenerig swart 
Glansmetallies 
Hardheid6 – 6,5 (Mohs)
1505–1520 kgf/mm2 (Vickers) 
Digtheid4,8 – 5 g/cm3 
Optiese eienskappe 
Dubbelbrekingisotroop 
Kristallografie 
Kristalsisteemkubies 
RuimtegroepP2/a3 
Strukturbericht-kodeC2 
Nommer205 
Schoenflies-simboolT6h 
Eenheidsela = 5.417 Å 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Struktuur

Die pirietstruktuur is die argetipe van die C2-strukture in die strukturbericht-klassifikasie. Die struktuur het 'n primitief-kubiese eenheidsel.

Die posisies is:

Fe op 4a: (0,0,0)
S op 8c: (x,½+x,x) met x=0.11490[2]

Die interne rotasie-simmetrie van die non-simmorfe Pa3-ruimtegroep waartoe dit behoort is nogtans taamlik laag. Die lokale simmetrie van die ysteratome is net 3 en hulle is deur 'n vervormde oktaëder van swawelatome omring. Die swawelatome vorm pare wat as die disulfiedioon S2−2 beskou kan word. Die ysteratoom se oksidasietoestand is Fe(II) en in die sterke kristalveld van die disulfiedione is dit in 'n laespintoestand met 'n diamagnetiese konfigurasie t62e0 vir die 3d-elektrone.

Oplosbaarheid

Piriet se oplosbaarheid in water is uiters klein en moeilik meetbaar. Die oplosbaarheidsproduk vir die reaksie:

word geraam op

In aangesuurde water kan 'n ander ewewig optree:

Dié ewewig se konstante pK = -13,84. Dit beteken dat in neutrale water met pH=7, 'n nanomolêre konsentrasie [Fe2+]= 10-9 saam met 'n pikomolêre konsentrasie [HS2-]=10-12 volstaan om pirietneerslae te veroorsaak. Dit gebeur nogtans slegs onder reduserende omstandighede, maar dit verklaar waarom piriet 'n uiters algemene mineraal is.[3]

Sien ook

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.