Pinchas Zukerman

Pinchas Zukerman (gebore 16 Julie 1948, Tel Aviv) is 'n Israeliese vioolspeler, altvioolspeler, en dirigent wat in April 1998 in die pos as Direkteur van Ottawa se Nasionale Kunstesentrum-orkes aangestel is. Zukerman is in Tel Aviv tot Yehuda en Miriam Lieberman Zukerman gebore. Hy het na die VSA vertrek en aan Juilliard School gestudeer.

Pinchas Zukerman
Geboortenaam(Hebreeus) פנחס צוקרמן
Gebore16 Julie 1948 (1948-07-16)
Tel Aviv
Beroep(e)Musikus
InstrumenteViool, altviool

In 1963 het hy sy debuut in New York gemaak. Hy het in 1966 die Young Concert Artists International Auditions gewen. Vanaf 1980 tot 1987 was hy die direkteur van die St. Paul-kamerorkes in Minnesota.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.