Pilsen
Pilsen (Tsjeggies: Plzeň) is die vierde grootste stad in Tsjeggië en die hoofstad van die gelyknamige streek. Die stad is ongeveer 90 km wes van Praag en het meer as 170 322 inwoners. Dit is in die weste van die historiese Boheme-streek geleë.
Pilsen | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Tsjeggië |
Provinsie | Pilsen |
Koördinate | 49°45′N 13°22′O |
Stigting (eerste verwysing) | 976 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 137,65 vk km |
Hoogte bo seevlak | 452 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 170 322 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 237/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +1 (MEST) |
Burgemeester | Pavel Šindelář (ODS) |
Amptelike webwerf | pilsen.eu |
Die stad is wêreldberoemd vir sy bier. Josef Groll het die eerste Pilsner-bier in 1842 hier gebrou.
Pilsen en die Belgiese stad Mons is as die Europese Kultuurhoofstede van 2015 aangewys.
Susterstede
Pilsen is die susterstad van die volgende stede:
- Birmingham (Verenigde State)
- Limoges (Frankryk)
- Luik (Belgie)
- Regensburg (Duitsland)
- Takasaki (Japan)
- Winterthur (Switserland)
Naam
Die naam "Pilsen" kom van die plant "bilsekruid", wat gebruik is as 'n bestanddeel van gruit, 'n tradisionele smaakmiddel in bier. Verskeie stede, soos Pilsen, is daarom na die kruid genoem.[1] Bilsekruid is in die 11de tot 16de eeu met hops vervang in bier.[2]
Fotogalery
- Sint Bartholomew-katedraal
- Die Groot sinagoge.
- Uitsig oor die stadskern met Sint Bartholomew-katedraal in die agtergrond
- Stadsaal
Verwysings
- (de) Christian Rätsch (29 Julie 2015). "Urbock oder echtes Bier". Besoek op 26 Augustus 2015.
- (en) Dan Rabin, Carl Forget (1998). The Dictionary of Beer and Brewing. Taylor & Francis. xii. ISBN 978-1-57958-078-0.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pilsen.
- (en) Toerisme-inligting oor Pilsen op Wikivoyage
- (cz) Amptelike webwerf