Pilbara-kraton
Die Pilbara-kraton in Wes-Australië is saam met die Kaapvaal-kraton van Suid-Afrika die enigste twee oorblywende dele van die oeroue aardkors van 3,6-2,5 miljard jaar gelede. Ooreenstemmings in die rotsrekords van dié twee kratons, veral van die laat Argeïese sekwensies, dui daarop dat hulle eens deel van die superkontinent Vaalbara was.[1]
![](../I/IBRA_6.1_Pilbara.png.webp)
Die rooi deel van die kaart dui die ligging van die hedendaagse Pilbara-kraton aan.
Verwysings
- Zegers, T.E., de Wit, M.J., Dann, J. en White, S.H. (1998) "Vaalbara, Earth's oldest assembled continent? A combined, structural, geochronological, and palaeomagnetic test", Terra Nova, 10, 250–259.
Eksterne skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.