Pilatus PC-7
Die Pilatus PC-7 Turbo Trainer is 'n laevlerk, tandem-sitplek opleidingsvliegtuig, vervaardig deur Pilatus Aircraft van Switserland. Die vliegtuig is in staat om al die basiese opleidingsfunksies te verrig, insluitende kunsvlieg, instrument-, taktiese en nagvlieg. Dit word aangedryf deur 'n turboskroefmotor. Dit is deur meer as 20 lugmagte gekies as hul intree-opleier. Byna 500 vliegtuie is sedert sy bekendstelling in 1978 verkoop, waarvan die meeste steeds in diens is. Meer as een miljoen ure is al deur PC-7's wêreldwyd gevlieg.
Pilatus PC-7 | |
---|---|
Tipe | Opleidingsvliegtuig |
Vervaardiger | Pilatus Aircraft, Switserland |
Nooiensvlug | 12 April 1966 (prototipe) 18 Augustus 1978 (produksie) |
Bekendstelling | 1978 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Indiese Lugmag Suid-Afrikaanse Lugmag Meksikaanse Lugmag Koninklike Maleisiese Lugmag |
Aantal gebou | 618+ |
Ontwikkel van | Pilatus P-3 |
Die Suid-Afrikaanse Lugmag het 60 Pilatus PC-7s ontplooi vir opleiding by die Lugmagbasis Langebaanweg se vliegskool in die Wes-Kaap. Die Silwervalke vertoonspan wat ook hier gestasioneer is, gebruik 5 van dieselfde vliegtuie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |