Pieter Howes
Pieter Howes (gebore Pieter Bosch Botha; 12 Maart 1985, Johannesburg, Suid-Afrika – 6 Mei 2019, Sandton, Gauteng) was 'n Suid-Afrikaanse joernalis, aktivis, politieke kommentator, akteur, regisseur, en draaiboekskrywer.[1][2] In 2007 word hy die eerste inwonende direkteur van die Roodepoort-teater in Johannesburg.
Pieter Howes | |
![]() | |
Geboortenaam | Pieter Bosch Botha |
---|---|
Geboorte | 12 Maart 1985 Johannesburg, Suid-Afrika |
Sterfte | 6 Mei 2019 (op 34) Sandton, Gauteng, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur, regisseur, draaiboekskrywer |
Aktiewe jare | 2003-2019 |
Toekennings | Standard Bank Ovation Award |
Hy was die stiger van "The Enwhitenment Project", 'n projek wat poog om bewusmaking oor witheid te bou met die doelwit om die rasseskeiding te oorbrug.[3] Hy het veral 'n groot gehoor op Twitter geniet en was 'n bydraer by die Amerikaanse webwerf Inquisitr.[1]
Vroeë lewe
Pieter Bosch Botha word op 12 Maart 1985 in Johannesburg, Transvaal, gebore, die seun van At Botha en Annalise Bosch, beide akteurs.[4][5] Hy begin sy loopbaan as akteur op die ouderdom van 6 met die leidende rol in 'n nasionale televisie-advertensie vir Opel se Monza-motorvoertuigmodel.
Hy voltooi sy studies in 2003 in drama en teater aan die Nasionale Skool van die Kunste. Hy verwerf in drie opeenvolgende jare nasionale kleure vir drama.
Persoonlike lewe
Hy was gay en verander sy van na Howes met sy selfdegeslaghuwelik met dokter Craig Howes.[1]
Hy het openlik sy ondersteuning vir die verlinkse politieke party Economic Freedom Fighters verklaar.[1][3] Hy het aan bipolêre gemoedsteuring en depressie gely.[1][5][6]
Dood
Hy pleeg selfmoord in Mei 2019.[1][5] Hy was vir 'n tyd lank vermis voor sy lyk op Saterdag, 4 Mei 2019 in 'n hotelkamer in Sandton, Gauteng gevind is.[5] Hy is vermoedelik aan 'n oordosis pille dood.[5] Vele mense het in reaksie op sy dood eerbetuigings op Twitter gepubliseer.[1]
Teaterproduksies
Regisseur
- 2007: Rapunzel
- 2008: James and the Giant Peach
- 2008: Madiba Magic
- 2008: Liewe Heksie
- 2009: Danny the Champion of the World
- 2009: Little Blue Dress
- 2009: Noises Off!
- 2011: Hoedens
- 2011: Rose Red
- 2012: Swoop
- Rooikappie
- Wasgoed
- The Witches
- The Cage Fighter
- I'll Have What She’s Having...
- Of Birds and Beasts
- Subject to Citizen
- Hats
Akteur
- 2004: Jack and the Beanstalk
- 2005: Die Keiser
- 2006: Cinderella
- 2006: Dames en Here
- 2008: Spoof Full of Sugar
- 2008: Eat Me!
- 2012: Fully Committed
- 2013: Civil Parting
- 2013: The Briefcase
- 2014: The Full Monty
- 2014: Spamalot
- 2015: The Double Bass
- 2015: Miss Margarida's Way
Radio
- 2015: Nagrit Op Keetmanshoop
Filmografie
Rolprente
- The Van Rooyens
Televisiereekse
- 2003: Soul Buddyz
- 2008: Villa Rosa
- 2008: Backstage
- 2008: Askies!
Televisiereekse
- 2014: Villa Rosa
Verwysings
- "Political commentator and actor Pieter Howes takes his own life". The Citizen (in Engels). 6 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2019. Besoek op 9 Mei 2019.
- "Pieter Howes". Inquisitr (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2019. Besoek op 13 Junie 2019.
- Naidoo, Shanthini (20 April 2018). "Why I‚ a white man‚ support the EFF". Times Live (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2019. Besoek op 14 Junie 2019.
- De Beer, Diane (19 Februarie 2013). "Fully Committed to spicing up his artistry". IOL (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 13 Junie 2019.
- Opperman, AJ (9 Mei 2019). "Depressie eis akteur se lewe". Beeld. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 13 Junie 2019.
- ""Gay White Journalist Who Opposed 'Whiteness' Kills Himself". WND (in Engels). 7 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 9 Mei 2019.