Piet se Tante
Piet se tante is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1959 uitgereik is en in swart en wit geskiet is. Die rolprent is gebaseer op die roman, Charlie’s Aunt deur Brandon Thomas. Dit was ook die laaste rolprent waarin Frederik Burgers gespeel het.
Piet se tante | |
---|---|
Regisseur | Pierre de Wet |
Draaiboek | Draaiboek: Pierre de Wet |
Met | Frederik Burgers Pieter Geldenhuys Johan Malherbe Miemsie Retief |
Uitgereik | 1959 |
Speeltyd | 71 min |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
Die rolprent is 'n lekkerlag komedie en goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers
- Frederik Burgers as Piet Louw
- Pieter Geldenhuys
- Johan Malherbe
- Miemsie Retief, as Mev. Opperman, Piet se ryk tante
En andere.
Storielyn
Drie studente staan op die punt om geskors te word vir kattekwaad. Hulle bedink 'n vindingryke plan en oortuig die rektor van die universiteit om die skorsing ter syde te stel met die belofte van 'n aansienlike donasie vanaf Piet se tannie. Om die belofte eg te laat lyk, word Frederik Burgers deur sy mede-poetsbakkers as sy tante vermom om besoek by die rektor af te lê. Die rektor is beïndruk met dié waardige dame en raak op "haar" verlief, totdat die ware tante opdaag.