Pierre-Simon Laplace
Pierre-Simon Laplace (Beaumont-en-Auge, 23 Maart 1749 – Parys, 5 Maart 1827) was ’n Franse wiskundige, fisikus en sterrekundige wie se werk van groot belang was vir die ontwikkeling van wiskundige sterrekunde en statistiek.
Pierre-Simon Laplace | |
Gebore | 23 Maart 1749 Beaumont-en-Auge, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 5 Maart 1827 (op 77) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Sterrekunde en wiskunde |
Instelling(s) | École Militaire (1769–1776) |
Alma mater | Universiteit van Caen |
Ander akademiese adviseur(s) | Jean d'Alembert, Christophe Gadbled, Pierre Le Canu |
Doktorale student(e) | Siméon Denis Poisson |
Handtekening |
Loopbaan
Laplace het die werk van sy voorgangers saamgevat en daarop uitgebrei in sy vyfdelige Mécanique Céleste ("Hemelmeganika") (1799–1825). Dié baanbrekerswerk het die studie van die klassieke meganika, wat meer op meetkunde gebaseer was, vervang met ’n meer analitiese wiskundebasis waardeur ’n groter omvang van probleme bestudeer kon word.
In wiskunde het hy die vergelyking van Laplace geformuleer. Hy was ook die uitvinder van die Laplace-transform, wat ’n mens op baie gebiede van die wiskundige natuurkunde teëkom. Laplace kan as een van die grondleggers van die wiskundige natuurkunde beskou word.
Hy het ook die sonnewelteorie oor die oorsprong van die Son herformuleer en ontwikkel en was een van die eerste wetenskaplikes wat die bestaan van swartkolke en die begrip swaartekraginstorting veronderstel het.
In Frankryk, waar hy soms die "Newton van Frankryk" genoem is, is hy beskou as een van die grootste wetenskaplikes van alle tye.[1]
In 1806 het Napoleon hom ’n graaf van die Eerste Franse Keiserryk gemaak. Ná die Bourbon-restourasie is hy in 1817 bevorder tot markgraaf.
Verwysings
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pierre-Simon Laplace.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia