Philippus de Klerk
Prof. dr. Philippus Jacobus Stephanus de Klerk (Philippolis, Oranje-Vrystaat, 3 November 1895 – 28 Augustus 1971) was van 1924 tot 1949 agtereenvolgens predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerk (GKSA) en daarna tot sy aftrede in 1961 professor aan die dieselfde kerkverband se Teologiese Skool op Potchefstroom.
Philippus Jacobus Stephanus de Klerk | |
Dr. P.J.S. de Klerk | |
Naam | Philippus Jacobus Stephanus de Klerk |
---|---|
Geboorte | 3 November 1895 Philippolis Oranje-Vrystaat |
Sterfte | 28 Augustus 1971 (op 75) |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Germiston, 1924–1927) Johannesburg-Oos, 1927–1931 Pretoria-Oos, 1931–1949 |
Jare aktief | 1924–1949 (predikant) 1949–1961 (hoogleraar) |
Kweekskool | Potchefstroom |
Herkoms en opleiding
De Klerk was die tweede seun van Barend Jacobus de Klerk en Cecilia Maria Pretorius. Sedert 1913 studeer hy aan die Teologiese Skool op Potchefstroom. Ná voltooiing van die matrikulasie-eksamen en die propedeutiese studie lê hy die kandidaatseksamen af en behaal terselfdertyd die B.A.-graad in 1921. Geïnspireer deur 'n boek van dr. Henry Beets (1869–1947), leraar in die Christelike Gereformeerde Kerk in die VSA, word dit sy ideaal om 'n studie te maak van die sending in Suid-Afrika. In 1922 vertrek hy na Nederland, waar hy in 1923 promoveer onder leiding van prof. G.C. Aalders en professore Julius Richter en T. Hoekstra met 'n proefskrif oor "Kerk en sending in Suid-Afrika".
Loopbaan
Hy het agtereenvolgens in die volgende gemeentes gedien: Germiston (1924–1927), Johannesburg-Oos (1927–1931) en Pretoria-Oos (1931–1949). In 1949 is hy benoem tot professor in dogmatiek aan die GKSA se Teologiese Skool. In 1961 moes hy weens swak gesondheid aftree en het hy in Pretoria gaan woon.
In 1946 verteenwoordig hy die Gereformeerde Kerk op die eerste Ekumeniese Sinode te Grand Rapids, VSA. Hy het hom besonder beywer vir die bevordering van die sending in die Gereformeerde kerkverband. Deur sy bemiddeling is van minister P.G.W. Grobler in 1932 'n plaas in die Soutpansberge bekom waarop die sendingterrein Siloam gevestig is. Hy was 'n besielende spreker en prediker. As vurige vaderlander het hy veral tydens sy jare lange verblyf in Pretoria sy volle deel bygedra tot die stryd van die Afrikaner. Hy was lank lid van die kultuurraad en agt jaar lank voorsitter van die Krugergenootskap.
Gesinslewe
In 1924 tree hy in die huwelik met Johanna Catharina van der Walt van Steynsburg. Uit die huwelik is 'n dogter en 'n seun, ds. P.J.S. de Klerk (tussen 1959 tot sy aftrede in 1991 agtereenvolgens leraar van Koffiefontein, Ladybrand, Derdepoort en Ladysmith/Estcourt; oorlede op 17 Mei 2014). Sy dogter, Celestien, is in 1949 getroud met dr. Petrus Jacobus Pretorius (gebore Ugie, 4 Desember 1923). Uit dié huwelik is twee seuns gebore.[1]
Skrywerk
Uit dr. De Klerk se pen het verskyn: Kerk en sending in Suid-Afrika; Handboek gewyde geskiedenis; Van stryd en oorwinning (preekbundel); Die navolging van Christus (preekbundel); Die genadeverbond; Die gebed in die Heilige Skrif; Die fondamente ondergrawe; Woorde en dade van Jesus; Woorde en dade van die profete; Gereformeerde Simboliek; Konings van Juda; Konings van Israel; Verklaring van die brief aan die Hebreërs.
Galery
- Professore en studente van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1916. P.J.S. de Klerk staan agter in die middel.
- De Klerk sit links van Martha Lugtenburg, die eerste vrou wat afstudeer het aan die PUK vir CHO, op dié foto van die Studentekorps Veritas Vincet, 1919.
- Die teologiese student Philippus de Klerk en 'n onbekende vrou, 1920.
- Ds. De Klerk as jong predikant.
- Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Rustenburg, 4 April 1924, onder die seringboom waaronder die Kerk in 1859 gestig is en met prof. H.H. Kuyper as deputaat van die Geref. Kerke in Nederland. Eerste ry: A.S.E. Yssel, C.W.M. du Toit, J.V. Coetzee, J.G.H. van der Walt, J.H. Boneschans, J.C. van der Walt. Tweede ry: D.P. du Plessis, D. Rumpff, T. Hamersma, D. Postma, M. Postma, prof. H.H. Kuyper, L.P Vorster, proff. J.D. du Toit, J.A. du Plessis, I.D. Kruger. Derde ry: D.N. Kotzé, N.H. van der Walt, A. Duvenage, J.A. van Rooy, C.J.H. de Wet, B.J. de Klerk, W.J. de Klerk, G.H.J. Kruger, D.G. Venter, H.P.J. Pasch. Vierde ry: F.P.J. Snyman, H.J. Venter, P.J.S. de Klerk, H.S. van Jaarsveld, H.J.R. du Plessis, J.H. Kruger.
- 1930: Die Algemene Sinode van die GKSA in sitting op Burgersdorp. Eerste ry: S. van der Walt, Jacs van Rooy. Tweede ry: Dr. E. Venter, J.C. van der Walt, H.J. Venter, J.G.H. van der Walt, G.H.J. Kruger, W.J. Postma, W.J. Snyman, Dirk Postma, D.N. Kotzé, J.H. Boneschans, A. Duvenage. Derde ry: H.P.J. Pasch, N.H. van der Walt, W.J. de Klerk, T. Hamersma, J.A. van Rooy, J.V. Coetzee, D.P. du Plessis, H.S. van Jaarsveld en D.G. Venter. Vierde ry: H. du Plessis, A.S.E. Yssel, J.P. Jooste, A. Postma, I.D. Krüger, W.F. Venter, T.T. Spoelstra, F.P.J. Snyman, dr. P.J.S. de Klerk, prof. J.A. du Plessis, H.J.R. du Plessis, Derk Rumpff.
- 1933: Die Algemene Sinode van die GKSA in sitting te Pretoria, afgeneem op die trap van die Uniegebou. Eerste ry: A. Postma, P.G.W. Snyman, Derk Rumpff, J.G.H. van der Walt, I.D. Krüger, prof. J.C. Coetzee, T.T. Spoelstra, A.S.E. Yssel, D.N. Kotzé, W.J. Postma, J.P. van den Berg, I.J. van der Walt. Tweede ry: H.F.V. Kruger, J.H. Boneschans, J.M. de Wet. Tweede ry: W.J. de Klerk, P.J.S. de Klerk, B.J. de Klerk, B. de Klerk, S.J. van der Walt, L.S. van der Walt, J. Schutte, N.H. van der Walt, E.I.J. Venter, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.G Venter, J.V. Coetzee. Vierde ry: J. van Rooy, A. Aucamp, H.P.J. Pasch. Vyfde ry: J.A. van Rooy, J.H. Kruger, G.H.J. Kruger, W.F. Venter, I.J. Lessing, J.B. du Plessis, S.P. van der Walt, J.P. Jooste, J.L. de Bruin, S. du Toit, D.P. du Plessis, F.P.J. Snyman.
- Die senaat van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1952, toe prof. De Klerk (middel voor) rektor was.
- Proff. S. du Toit, J.P. Jooste, P.J.S. de Klerk, W.J. Snyman en Zeller van der Walt van die Teologiese Skool Potchefstroom.
- Studente, dosente en besoekende predikante neem in April 1949 tydens die Sinode van die GKSA afskeid van Totius by die Teologiese Skool Potchefstroom. Eerste ry: D.F. Malan, G.P. Scheepers, C. Hatting, L.J. Botha, P.W. Buys, S.C.W. Duvenage, P.W. van der Walt, W.J. Postma, G.P.L. van der Linde, J.J.S. Venter, G.C.P. van der Vyver, M.J. Booyens, S.J. du Plessis, K.S. van Wyk de Vries. Tweede ry: J.V. Coetzee, P.J. Venter, P.J. Coetzee, J.W.J. van Ruyssen, D.J. van der Walt, H.G. Stoker, J.C. van der Walt, J.H. Boneschans, prof. J.D. du Toit, B.J. de Klerk, D.G Venter, A.S.E. Yssel, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.N. Kotzé, N.T. Snyman. Derde ry: D.C.S. van der Merwe, B.R. Kruger, J. Postma, R.S.J. van Wyk, M. Postma, J.L. de Bruin, C.E.G. Malan, J.J.H. Booysen, B.J. de Klerk, A.L. Aucamp, J.A. Schutte, I.J. van der Walt, L.S. Van der Walt, S. du Toit, A. Duvenage, W.J. Snyman, P.J.S. de Klerk, T.T. Spoelstra.Vierde ry: D.J. Delport, J.L. Vorster, J.P. Jooste, A.A. Venter, J.F. du Plooy, H.F.V. Kruger, Jacs van Rooy, I.J. Lessing, J.M. de Wet, S.P. van der Walt, P.J. de Klerk.
Bronne
- (af) Van der Vyver, dr. G.C.P. 1969. My erfenis is vir my mooi. Potchefstroom: Kalvyn Jubileum Boekfonds.
- (af) Vogel, Willem (voorsitter van redaksiekommissie). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Verwysings
- (af) (en) Kruger, dr. D.F. 1963. Wie is wie in Suid-Afrika. Johannesburg: Vitae Uitgewers.