Peugeot 607
Die Peugeot 607 is 'n uitvoerende motor wat deur die Franse motorvervaardiger Peugeot vervaardig is vanaf September 1999 tot Junie 2010. Die 607, asook die kleiner 407, is vroeg in 2011 vervang deur die 508. Die 607 is in Oktober 1999 bekendgestel, toe die 605 reeds gestaak was. Dit gebruik sy voorganger se onderstel, maar het 'n heel nuwe, meer moderne buite-ontwerp. Die enjinreeks (2.2 en 3.0 L petrol, en 2.2 L diesel) was heeltemal nuut. Toerustingvlakke is ook hoog, met al die modelle wat beskik oor lugversorging, CD-speler, elektriese vensters, 8 lugsakke, sluitwerende remstelsel, banddrukmonitor en sentrale sluiting as standaard.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Peugeot |
Produksie | 1999–2010 |
Montering | Sochaux, Frankryk (1999-2009) Rennes, Frankryk (2009-2010) |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Uitvoerende motor |
Bakstyl | 4-deursedan |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.2 en 3.0 L petrol 2.2 L diesel 2.7 L HDi V6-enjin (2004- ) |
Lengte | 4902 mm |
Breedte | 1835 mm |
Hoogte | 1442 mm |
Massa | 1610-1798 kg |
Asafstand | 2800 mm[1] |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Peugeot 605 |
Opvolger | Peugeot 508 |
Opgeknapte model van 2004
Verwysings
- "Technical specifications". carfolio.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 6 April 2008.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.