Peugeot 307
Die Peugeot 307 is 'n klein gesinsmotor wat deur die Franse motorvervaardiger Peugeot vervaardig word sedert 2001. Ná die Peugeot 306 se produksie in 2002 gestaak is, het die 307 nooit die uitstekende rydinamika van die 306 herower nie. Die 307 was egter 'n uitstekende pakket, wat ruimte en goeie gerief vir 'n klein gesinsluikrug gehad het.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Peugeot |
Produksie | 2001–2008 (Frankryk) 2004–2011 (Argentinië) 2001–huidig (China) |
Montering | Sochaux, Frankryk Wuhan, China (Dongfeng) Buenos Aires, Argentinië Villa Bosch, Argentinië |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Klein gesinsmotor |
Bakstyl | 3- of 5-deur luikrug 4-deur sedan 2-deur koepee kabrio 5-deur stasiewa |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Platform | PSA PF2 platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.4 L en 1.6 L I4 (petrol) 1.6 L Ford DV6 HDi I4 (diesel) 2.0 L I4 (diesel) |
Lengte | 4210-4470 mm |
Breedte | 1730 mm |
Hoogte | 1510 mm 1420 mm (koepee) |
Asafstand | 2610 mm (luikrug, koepee) 2710 mm (sedan, wa) |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Peugeot 306 |
Opvolger | Peugeot 308 |
Variante | Citroën C4 Citroën C4 Picasso Peugeot 308 |
Die betroubare HDi turbodieselenjins was onder die klasleiers vir verfyning en ekonomie. Dit is bekroon met die Europese Motor van die Jaar-titel vir 2002, en vervaardiging gaan voort in China en sekere Suid-Amerikaanse markte, ten spyte van die Franse bekendstelling van die 308 in September 2007.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.