Petrusville
Petrusville is 'n dorp in die Oos-Karoo, in die Suid-Afrikaanse provinsie Noord-Kaap, suidwes van die Vanderkloofdam. Die dorp is 45 km noord van Philipstown.
Petrusville | |
---|---|
![]() ![]() Petrusville ![]() | |
Koördinate: 30°5′S 24°39′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Renosterberg |
Stigting | 1877 |
Oppervlak | |
• Totaal | 58,60 km2 (22,63 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 211 |
• Digtheid | 89/km2 (230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.8% |
• Bruin mense | 56.6% |
• Swart mense | 40.0% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 63.3% |
• Xhosa | 31.4% |
• Sotho | 1.9% |
• Engels | 1.7% |
• Ander | 1.8% |
Poskode (strate) | 8770 |
Poskode (posbusse) | 8770 |
Skakelkode | 053 |
Geskiedenis
Die dorp is in 1877 deur twee seuns van Petrus van der Walt gestig op die plaas Rhenosterfontein. Hulle het die plaas van hulle vader geërf wat dit op sy beurt in 1810 verkry het. Die NG gemeente Petrusville is twee jaar later hier gestig.
Distrik
Merinoboerdery is belangrik vir die plaaslike enonomie.
Sien ook
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995 ISBN 1-86842-026-4
- "Hoofplek Petrusville". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.