Petlyakov Pe-8

Die Petlyakov Pe-8 was 'n Russiese viermotorige bomwerper wat voor die Tweede Wêreldoorlog ontwerp is. Dit was Rusland se eerste viermotorige bomwerper en ook die enigste een wat hulle gedurende dié oorlog gebou het. Die prototipe het sy nooiensvlug op 27 Desember 1936 voltooi. Vladimir Petlyakov het die ontwerpspan gelei.

Petlyakov Pe-8
Tipe Bomwerper
Vervaardiger A.N. Toepolef
Ontwerp deur Vladimir Petlyakov
Nooiensvlug 27 Desember 1936
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Russiese Lugmag
Vervaardig 1936 - 1944
Aantal gebou 93
Pe-8

Tegniese besonderhede

Hier is die besonderhede van die Pe-8:

Besonderhede van die Petlyakov Pe-8 :
Item Statistiek
Aantal motors 4
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Mikulin AM-35A
Kraglewering per motor 1350 perdekrag
Vlerkspan 39,94 m
Lengte 22,47 m
Hoogte 6,10 m
Maks. opstygmassa 33 325 kg
Maks. snelheid 438 km/h op 7 600 m
Operasionele hoogte 9750 m
Togafstand met maks. bomvrag van 2000 kg. 5 445km
Bewapening Een 20 mm ShVAK kanon in dorsale en stert-

skiettorings. Een 12.7 mm masjiengeweer agter in elke motor.
Twee 7.62 mm ShKAS masjiengewere in die neus.

Bomvrag 4,000 kg

Bron

  • Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012 ISBN 978-0-7537-2172-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.