Persbesem

Die persbesem (Polygala virgata) is 'n boom wat in 'n verskeidenheid habitatte groei: woudrande, op dagsome en in sanderige kusstreke.

Persbesem
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Polygalaceae
Genus: Polygala
Spesie:
P. virgata
Binomiale naam
Polygala virgata
Thunb. (1800)

Die boom se FSA-nommer is 302.2.[1] Die boom staan ook bekend as die bloukappie.

Beskrywing

Die boom dra donkerpers blomme op eindstandige are.

Subspesies

Die spesie het drie subspesies:

  • Polygala virgata var. decora (Sond.) Harv.
  • Polygala virgata var. speciosa (Sims) Harv.
  • Polygala virgata var. virgata

Verspreiding

In Suid-Afrika kom hulle vanaf Kaapstad voor, deur KwaZulu-Natal tot in Mpumalanga voor. In die res van Afrika is die boom inheems in die Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Sien ook

Verwysings

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.