Peridotiet

Peridotiet is 'n ultramafiese gesteente. Dit word op baie plekke aangetref soos in die gebergte van Oman[1] of in die Bosveldstollingskompleks van Suid-Afrika. Dit bestaan hoofsaaklik uit die minerale olivien en pirokseen.[2]

Peridotiet

Klimaatverandering

Omdat dit ultramafies is, kan dit maklik met koolsuurgas CO2 reageer en karbonate vorm. Daarby word koolstofdioksied in 'n vastestof gebêre. Vanweë die aardverwarming kan dit nuttig wees om op hierdie manier die koolstofdioksiedvlak van die atmosfeer te verlaag.[1]

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.