Perdikkas III van Masedonië

Perdikkas III (Grieks: Περδίκκας Γ), uit die Argeïese Dinastie, was van 368 tot 359 v.C. koning van Masedonië. Hy het sy broer Alexander II opgevolg.

Perdikkas III
Koning van Masedonië
’n Muntstuk van Perdikkas III, met ’n afbeelding van Herakles.
’n Muntstuk van Perdikkas III, met ’n afbeelding van Herakles.
Tydperk 368 – 359 v.C.
Grieks Περδίκκας Γ
Huis Argeïese Dinastie
Voorganger Alexander II
Opvolger Amintas IV
Vrou onbekend
Vader Amintas III
Moeder Eurydice I
Geloof Griekse mitologie

Hy was die seun van Amintas III en was minderjarig toe Alexander II vermoor is op aansporing van Ptolemaios van Aloros, wat toe regent geword het.

Bewind

In 365 het Perdikkas vir Ptolemaios vermoor en die bewind oorgeneem.

Min is bekend oor sy bewind, behalwe dat hy op ’n tyd in ’n stryd met Athene betrokke was en dat hy die beskermheer van letterkundiges was. Hy het probeer om Bo-Masedonië van die Illiriërs te herower, maar dit het rampspoedig geëindig en die jong koning is vermoor.[1]

Dood en opvolging

Perdikkas is deur sy babaseun, Amintas IV, opgevolg. Die troon is kort daarna oorgeneem deur Perdikkas se jongste broer, Philippus II.

Verwysings

  1. Orrieux, Claude. A History of Ancient Greece, 1999, bl. 256, ISBN 0-631-20309-5.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.