Perdekop
Perdekop is 'n nedersetting geleë digby 'n 1 889 m hoë koppie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorpie is 47 km suidoos van Standerton.
Perdekop | |
---|---|
Perdekop Perdekop se ligging in Mpumalanga | |
Koördinate: 27°9′53″S 29°37′29″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Pixley ka Seme |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,73 km2 (2,98 vk. myl) |
Hoogte | 1 739 m (5 705 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 081 |
• Digtheid | 657/km2 (1 700/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.4% |
• Indiërs/Asiërs | 1.7% |
• Bruin mense | 0.3% |
• Swart mense | 97.4% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 82.3% |
• Suid-Sotho | 9.9% |
• Engels | 1.7% |
• Ndebele | 1.5% |
• Ander | 4.6% |
Poskode (strate) | 2465 |
Poskode (posbusse) | 2465 |
Skakelkode | 017 |
Geskiedenis
Dit is gevestig tydens die perdesiekte-epidemie toe boere gevind het dat perde wat na die bokant van die koppie gebring is teen die siekte beskerm is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n uitkykballon van die plek af bedryf om die Boere se aktiwiteite te monitor.
Genl. Constand Viljoen, stigter van die Vryheidsfront en eertydse hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag was hier op laerskool.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Perdekop". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.