Perdagtige wildsbokke
Perdagtige wildsbokke (Hippotraginae) is 'n subfamilie in die familie van Horingdraers (Bovidae). Die wildsbokke kom meestal in die droër streke van Afrika en Arabië voor. Hulle is almal groot, met swaar bolywe en dik nekke. Hulle tande is vir die kou van harde, droë grasse aangepas. Die meeste spesies het regopstaande maanhare op die nek en lae rug.
Hippotraginae | |
---|---|
'n Swartwitpens (Hippotragus niger) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Hippotraginae Brooke, 1876 |
Genera | |
Hippotragus |
Taksonomie
- Subfamilie Hippotraginae
- Genus Hippotragus
- Bastergemsbok, Hippotragus equinus
- Swartwitpens, Hippotragus niger
- Reuse-swartwitpens, Hippotragus niger varani
- Bloubok, Hippotragus leucophaeus (uitgesterf)
- Genus Oryx
- Beisa-oryx, Oryx beisa
- Sabelgemsbok, Oryx dammah
- Gemsbok, Oryx gazella
- Arabiese gemsbok, Oryx leucoryx
- Genus Addax
- Addax nasomaculatus
- Genus Hippotragus
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Perdagtige wildsbokke.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Perdagtige wildsbokke
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.