Pentaprisma
'n Pentaprisma is 'n vyfkantige reflekteerprisma wat gebruik word om 'n ligstraal te laat afwyk deur 'n konstante 90°, selfs indien die invalsbundel nie teen 90° met die prisma is nie.
Die bundel weerkaats twee keer binne die prisma,[1] wat die oordrag van 'n beeld deur 'n reghoek sonder omkeer veroorsaak (dit is, sonder die verandering van die beeld se willekeur) soos wat 'n gewone reghoekprisma of spieël sou.
Die refleksies in die prisma word nie veroorsaak deur die totale interne weerkaatsing nie, omdat die strale inval op 'n hoek minder as die kritiese hoek (die minimum hoek vir totale interne weerkaatsing). In plaas daarvan, word die twee vlakke belaag om spieëloppervlaktes te vorm. Die twee teenoorgestelde oordragvlakke word dikwels bedek met 'n antirefleksielaag om vals refleksies te verhoed. Die vyfde vlak van die prisma word nie opties benut nie, maar vervul 'n doel wat andersins 'n ongemaklike hoek tot gevolg sou hê by die twee weerspieëlde vlakke.
Verwysings
- Norman Goldberg (1992). Camera Technology. Academic Press. ISBN 0-12-287570-2.
Fotografie |
---|
Beeldsensor • Beligting • Daguerreotipe • Digitale kamera • Donkerkamer • EF-lenspassing • Enkellensreflekskamera • F-nommer • Film • Filmspoed • Fokus • Fokusafstand • Intreepupil • Kamera • Lensopening • Lensopeningprioriteit • Pentaprisma • Professionele videokamera • Reël van derdes • RGB-kleurmodel • Sluiterprioriteit • Sluiterspoed • Telefotolens • Veelvoudige beligting • Velddiepte • Wyehoeklens Geomerking • Groepering • Holografie • Natuurfotografie • Selfie • Snelreeksfotografie • Wildfotografie 35 mm ekwivalente fokuslengte • CMYK-kleurmodel • Kleurtemperatuur • Rooi-oogeffek • Swart-en-wit • Zoemlens |
Wysig hierdie sjabloon |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |