Pennington

Pennington is 'n dorpie en oord aan die Indiese Oseaan in die Ugu-distrik van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Pennington
Die strand by Pennington
Die strand by Pennington
Pennington is in KwaZulu-Natal
Pennington
Pennington
 Pennington se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 30°23′S 30°42′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUgu
MunisipaliteituMdoni
Oppervlak
  Totaal9,40 km2 (3,63 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal2 332
  Digtheid248/km2 (640/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense80.9%
  Indiërs/Asiërs5.2%
  Bruin mense1.1%
  Swart mense12.2%
  Ander0.6%
Taal (2011)
  Engels 73.5%
  Zoeloe 6.7%
  Xhosa 0.5%
  Afrikaans 16.6%
  Ander 2.7%

Geskiedenis

Die dorpie is vernoem na die Penningtonfamilie uit Engeland wat aan die begin van die 1900's hier begin boer het. Die dorpie het 'n belangrike rol gedurende die Unie van Suid-Afrika gespeel. Sir Frank Reynolds, een van KwaZulu-Natal se vroeë suikermagnate, het 'n deel van die Pennington-landgoed gekoop en dit Umdonipark genoem. Op hierdie landgoed het hy 'n vakansiehuis gebou vir die uitsluitlike gebruik van die eerste ministers van Suid-Afrika. Generaal Louis Botha was die eerste minister wat hierdie fasiliteit gebruik het. Planne is in 1952 beraam dat koning George VI hier sou kom aansterk het (hy het aan 'n longsiekte gely) maar hy is ongelukkig oorlede voor dit kon gebeur.

Die N2 nasionale pad gaan naby die dorpie verby.

Sien ook

Bronne

  1. "Subplek Pennington". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.