Penne

Penne is ’n soort pasta met ’n ronde, hol vorm. Penne is die meervoud van die Italiaanse woord penna ("slagpen" of "pen").

Penne met eiervrug en basilie in tamatiesous.
Penne
Volgraanpenne: ongekook (links) en gekook.
Volgraanpenne: ongekook (links) en gekook.
Soort geregPasta
LandVlag van Italië Italië
VariasiesPenne lisce, penne rigate, pennoni, mostaccioli

Beskrywing

In Italië word twee soorte penne vervaardig: penne lisce (glad) en penne rigate (met riwwe). Pennoni is ’n groter weergawe.[1]

Penne word tradisioneel al dente gekook en saam met ’n sous soos pesto, marinara of arrabbiata voorgesit. Dit is baie gewild in pastaslaaie. Penne is ’n veelsydige pasta vanweë die praktiese ontwerp daarvan; die holtes en riwwe laat sous daaraan vasklou, terwyl die skuins eindpunte ook help om die sous op te skep.

Verwysings

  1. "Pasta Shapes" (in Engels). Thenibble.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 21 Februarie 2013.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.